Vossie Sport

By Hoërskool John Vorster glo ons aan ‘n gebalanseerde benadering tot die ontwikkeling van ons kinders en vorm sport ‘n belangrike deel van ons program.

Ons skop die jaar af met die atletiek seisoen wat eindig met die Prestige Byeenkoms in Februarie.
In Maart begin die rugby, hokkie, en netbal met oorgawe oefen vir die jaar se kompetisies. Ons neem deel aan die kleinskole super 16 kompetisie met die finale in April en die liga begin ook vroeg April gedurende die 2de kwartaal en duur tot September.
Tydens die tweede kwartaal spring ons ook weg met ons tennis toernooie
Gedurende die somermaande bied ons Jukskei, krieket en golf aan.
Skaak vorm gedurende die jaar deel van ons aktiwiteite.