Fasiliteite

 

Buiten die gewone akademiese aanbiedinge van ons skool is ons ook trots op die fasiliteite wat oor ‘n aantal jare tot stand gebring is om die Vossies se leerervaringe en sport uit te brei.

Hotelskool

 


Gasvryheidstudies word as vak aangebied. Die omskepping en opgradering van die fasiliteit is in 2006 gedoen en heet die Reinhardt-Viljoen Hotelskool.

 

Kafeteria

Die Omihuki Kafeteria bied etes gedurende pouses en is die bymekaarkomplek vir die Vossies.

 

Meganiese Sentrum 

 

Die meganiese sentrum is toegerus met draaibanke. Meganiese Tegnologie, Elektriese Tegnologie en Ingenieursontwerp word aangebied.

Sport Sentrum

Die Sport Sentrum bied 'n ten volle toegeruste Aksie Krieketbaan en binnenshuise sportfasiliteit aan.

Sportvelde
 
 
  Die sporterrein het goedversorgde fasiliteite met twee rugby velde, twee hokkie velde en vyf netbalbane. Ander sporte soos atletiek, tennis, jukskei en golf maak gebruik van die dorp se fasiliteite.
 
Rekenaarsentrums

 

Die Rekenaarsentrums is toegerus met nuwe rekenaars en sagteware. Rekenaartoepassingstegnologie en Inligtingstegnologie word in hierdie sentrums aangebied.