HOËRSKOOL JOHN VORSTER

 

Die Skoollied

 

Uit die deurbraak tot oorwinning

na die stryd van ons verlede

spreek nog steeds ʼn boodskap helder.

As ʼn wekroep in die hede,

kies vir jou ʼn hoë strewe,

volhard daarin tot jy oorwin,

rig daarop jou doel en lewe,

stap daarmee jou toekoms in.

Kom dan saam John Vorster Hoër

suiwer is ons ideaal.

Vir ons skool en deur die lewe

kan ons saam die hoogtes haal.

Ons weet wat ons wil en ons slaag daarin;

ons sal so volhard, volhard en oorwin.

 

Vossieland Lied

 

Vossieland, neem my nou

ek is deel van jou!

Saam sal ons

vreugde deel, hand aan hand!

O, my Vossieland,

alma mater die toekoms in.

Hier in Vossieland:

“Volhard en oorwin”

 

Trane en weemoed

is my metgesel,

maar vreugde en laggies kom wel.

So onvoorspelbaar die wel en weë

so onvoorspelbaar gesmee

 

Vossieland, neem my nou

ek is deel van jou!

Saam sal ons vreugde deel,

hand aan hand!

O, my Vossieland,

alma mater die toekoms in

Hier in Vossieland:

 

“Volhard en oorwin!”