Pompoms

Pompoms by Hoërskool John Vorster

Die pompom-span van Hoërskool John Vorster is 'n energieke en toegewyde groep meisies wat 'n sleutelrol in die skool se sportkultuur speel. Hulle verskyn by rugby-, krieket-, en hokkiewedstryde om die skool se deelnemers aan te moedig en die gees van die dag te bepaal.

Die span werk hard aan sorgvuldig geoefende optredes, roetines, en choreografie. Dit vereis dissipline, spanwerk, atletiese vermoë, en 'n passie vir prestasie — eienskappe wat die pompom-span tot 'n volwaardige sport by ons skool maak.


Talento Kunskompetisie: 100% — A+++

Ons Pom Poms by die Talento Kunskompetisie
Ons Pom Poms by die Talento Kunskompetisie

Ons Vossie Pom Poms het die afgelope naweek aan die Talento Kunskompetisie deelgeneem — en wat 'n ongelooflike prestasie was dit nie!

Ons is besonder trots op elke leerder wat sy/haar hart en siel op die verhoog gesit het. Hulle harde werk, ure se oefening en ongelooflike spanwerk het beslis vrugte afgewerp.

Die terugvoer van die beoordelaar was eenvoudig ongelooflik:

En dan die woorde wat enige afrigter se hart laat swel van trots… 100% — A+++

John Vorster Pom Poms, julle het gewys wat gebeur wanneer talent, harde werk, dissipline en spanwerk bymekaar kom. Ons is ongelooflik trots op julle! Hou aan om groot te droom, hard te werk en elke verhoog met julle Vossie-gees aan die brand te steek!

Volhard en Oorwin!


Pompoms Galery

Pompom-span in aksie
Pompom-span in aksie
Optrede by 'n sportbyeenkoms
Optrede by 'n sportbyeenkoms
Energie en entoesiasme
Energie en entoesiasme
Die pompom-meisies van John Vorster
Die pompom-meisies van John Vorster
Pompom-span by 'n wedstryd
Pompom-span by 'n wedstryd
Samewerking en spanwerk
Samewerking en spanwerk
Choreografie in aksie
Choreografie in aksie

Meer Inligting