Toneel

Tienertoneel

Die Tienertoneel bestaan uit leerders van Graad 8 tot 12. Alle leerders wat wil deelneem word aan die begin van die jaar uitgenooi om oudisies te doen — sodoende word die karakters gekies asook die leerders wat tegniese aspekte behartig, soos beligting, klank, grimering en verhoogbestuur. Ons neem elke jaar deel aan die Allegretto Toneelfees, wat by die Springs Teater opgevoer word.


Verlede Jaar — Verlore Stemme

Die naam van verlede jaar se toneel is Verlore Stemme. Dit handel oor mensehandel en hoe baie vrouens se lewens verewig daardeur beïnvloed word.

Die toneel het die volgende sertifikate ontvang:

  • Klankontwerp — Brons
  • Klankoperateur — Silwer
  • Beligtingsoperateur — Silwer
  • Beligtingsontwerp — Brons
  • Verhoogbestuur — Silwer
  • Kostuums — Brons
  • Grimering — Silwer

Anja Tolken en Angelique Enslin het elk 'n Brons sertifikaat vir toneelspel ontvang.


Hierdie Jaar — Verbode Sirkus

Hierdie jaar se toneel is genaamd Verbode Sirkus. Die deelnemers van die Verbode Sirkus is vasgevang deur die Ringmeester in 'n ander dimensie en hulle word gedwing om verewig en altyd toertjies te doen by die Verbode Sirkus. Ons tree in Julie op tydens die Allegretto Toneelfees.

Deelnemers

  • Ashley Potgieter — Graad 12
  • Cathrine van Niekerk — Graad 12
  • Ester Oberholzer — Graad 11
  • Stefan Grobler — Graad 11
  • Charmaine Chidzambwa — Graad 11
  • Dante Davis — Graad 9
  • Zuleika Muller — Graad 9

Ons is baie opgewonde vir die optrede en nooi alle leerders uit om volgende jaar 'n oudisie te kom doen en deel te word van die toneel.


Foto's

Tienertoneel
Tienertoneel
Tienertoneel
Tienertoneel
Tienertoneel
Tienertoneel
Tienertoneel
Tienertoneel
Tienertoneel

Raak Betrokke

Vir meer inligting oor die toneelprogram, kontak die skool by info@johnvorster.co.za of skakel 011 814-8218.