Netbal by Hoërskool John Vorster
Netbal is een van die gewildste sportsoorte vir meisies by Hoërskool John Vorster. Gedurende die tweede kwartaal neem ons netbalspanne aktief deel aan die plaaslike netbal liga.
Leerders van Graad 8 tot Graad 12 kry die geleentheid om op verskillende vlakke mee te ding, waar hulle nie net hul netbal vaardighede ontwikkel nie, maar ook belangrike lewensvaardighede soos vinnige besluitneming, koördinasie, dissipline en spanwerk aanleer. Hierdie deelname dra by tot die uitleef van ons skoolleuse: Volhard en Oorwin.
Netbal Galery