Debat en Redenaars by Hoërskool John Vorster
By Hoërskool John Vorster word leerders toegerus met twee van die kragtigste kommunikasievaardighede: die vermoë om oortuigend te debatteer en om selfversekerd voor 'n gehoor te praat. Hierdie programme ontwikkel kritiese denke, navorsingsvaardighede, selfvertroue, en die vermoë om duidelik en met gesag te kommunikeer.
Ons leerders neem deel aan interhoër debat- en redenaarskompetisies in beide Afrikaans en Engels, en het al verskeie eerste plekke behaal op streeks- en provinsiale vlak.
Wat Behels Deelname?
- Voorbereide en onvoorbereide toesprake (Redenaars)
- Debat in Afrikaans en Engels — streeks- en provinsiale vlak
- Interhoër- en provinsiale kompetisies
- Individuele afrigting deur ervare onderwysers
- Erkenning vir kulturele deelname op skoolverslag
- Deelname aan saamtrekke en geleenthede
ATKV-Redenaars
Die leerders van H/S John Vorster neem elke jaar deel aan die ATKV-Redenaars. Dit word elke jaar by 'n ander skool gehou — hierdie jaar is die geleentheid by Dr. E.G. Jansen gehou. Die kompetisie is baie sterk en leerders moet baie goed voorberei. Leerders word aangemoedig om hulle eie toesprake te skryf wat by die betrokke temas pas.
Deelnemers Hierdie Jaar
- Lizé Lira (Graad 9)
- Marcus Wahlstrand (Graad 8)
- Mieke v/d Heever (Graad 8)
- Kaylee de Bruyne (Graad 10)
- Mia Holmes (Graad 11)
- WJ Lombaard (Graad 11)
- Zandri v/d Merwe (Graad 10)
- Ashley Potgieter (Graad 12)
- Cathrine van Niekerk (Graad 12)
- Charmaine Chidzambwa (Graad 11)
Besondere prestasie: Marcus Wahlstrand (Graad 8) het hierdie jaar deurgedring na die semi-finale rondte.
Kontak
Vir meer inligting oor die debat- en redenaarsprogram, kontak die skool by info@johnvorster.co.za of skakel 011 814-8218.