Ons Trotse Borge
Hoërskool John Vorster is baie dankbaar vir die ondersteuning van ons borge. Hul bydraes maak dit moontlik om leerders se ervarings te verryk, fasiliteite te verbeter, en geleenthede te skep wat andersins buite bereik sou wees. Ons moedig ouers, leerders, en die gemeenskap aan om hierdie besighede te ondersteun wat op hulle beurt ons skool ondersteun.
HE Tech
HE Tech is 'n toonaangewende internetdiensverskaffer gebaseer in Nigel wat Hoërskool John Vorster se internetverbinding en domein huisvesting behartig.
Besoek hetech.co.zaReinhardt Transport Group
Reinhardt Transport is 'n gerespekteerde Suid-Afrikaanse vervoermaatskappy wat ons skool se sportspanne en uitstappies met vervoer ondersteun.
Besoek reinhardt.co.zaWoodstockie Projects
Woodstockie Projects is 'n uitstekende konstruksie- en instandhoudings maatskappy wat bydra tot die verbetering van ons skool se infrastruktuur.
Besoek woodstockie.comWord 'n Borg
Is u 'n besigheid of individu wat 'n positiewe verskil in die lewens van jong Suid-Afrikaners wil maak? Hoërskool John Vorster verwelkom nuwe borge wat ons visie van omvattende, hoogstaande onderwys deel.
Borgskap opsies sluit in: sport borgskappe, kultuur borgskappe, fasiliteite en verbeterings, beursfondse, en algemene gemeenskapsondersteuning. In ruil daarvoor bied ons sigbaarheid op die webwerf, tydens skoolgeleenthede, en in ons nuusbriewe.
Kontak ons by info@johnvorster.co.za of skakel 011 814-8218 vir meer inligting oor borgskap opsies.