Top 10-uitstappie

Top 10-uitstappie

Die Top 10-uitstappie is 'n kwartaallikse geleentheid waartydens Hoërskool John Vorster se akademiese toppresteerders beloon word vir hul harde werk, toewyding en uitstekende prestasies. Dit bied aan leerders die geleentheid om hul sukses te vier, nuwe ervarings op te doen, en waardevolle herinneringe saam met hul maats en onderwysers te skep.

Top 10-uitstappie 2026

Vanjaar het ons Top 10-leerders 'n onvergeetlike uitstappie geniet. Hulle was na Magalies Canopy Tours en het daar 'n 5-gly Zipline gedoen. Die dag was gevul met pret, avontuur, en ontspanning, terwyl die leerders die geleentheid gekry het om mekaar buite die klaskamer beter te leer ken. Dit was 'n welverdiende beloning vir hul volgehoue inspanning en 'n bewys van hul toewyding aan akademiese uitnemendheid.

Ons is ongelooflik trots op ons Vossies en wens hulle geluk met hul besondere prestasies. Mag hierdie uitstappies hulle verder inspireer om aan te hou streef na uitnemendheid!

Galery

Ons Top 10-leerders by Magalies Canopy Tours
Ons Top 10-leerders by Magalies Canopy Tours
Ingespan en reg vir die ziplines
Ingespan en reg vir die ziplines
Afkoel in die swembad
Afkoel in die swembad
Op pad na die eerste platform
Op pad na die eerste platform
Die groep in hul harnasse voor die toer
Die groep in hul harnasse voor die toer
Gereed vir avontuur
Gereed vir avontuur
Groepfoto in die Magaliesberg
Groepfoto in die Magaliesberg
Op een van die platforms
Op een van die platforms
Langs die kranswandelpad
Langs die kranswandelpad
Wag vir die volgende gly
Wag vir die volgende gly