Mnr en Mej Vossie 2026 — Ons Wenners
Donderdag, 1 Oktober 2026
Baie geluk aan WJ Lombaard en Danelle Marais, ons nuwe Mnr en Mej Vossie! Sien al die prinse, prinsesse en ander titelwenners van vanjaar se glansryke aand.
Sien Al die Wenners
Gebou op waardes. Gedryf deur deursettingsvermoë.
Hoërskool John Vorster bied 'n omvattende opvoedkundige ervaring wat akademie, sport, kultuur, en leierskap insluit.
Mnr en Mej Vossie 2026 — Ons Wenners
Donderdag, 1 Oktober 2026
Baie geluk aan WJ Lombaard en Danelle Marais, ons nuwe Mnr en Mej Vossie! Sien al die prinse, prinsesse en ander titelwenners van vanjaar se glansryke aand.
Sien Al die Wenners
Akademie
Khensani Tshabalala op Opvoedkundige Toer na die VSA
Donderdag, 1 Oktober 2026
Hierdie Academic Achiever vertrek na die ooskus van die VSA, waar sy Boston, New York en Washington gaan verken en vooraanstaande universiteite soos MIT, Harvard, Yale, Princeton en Columbia gaan besoek.
Lees Meer
Kultuur
Kultuurfees 2026 — Voices of Tomorrow
Donderdag, 1 Oktober 2026
Ons leerders bied vanjaar se Kultuurfees aan onder die tema Voices of Tomorrow. Kom geniet 'n aand vol sang, musiek en talent in die skoolsaal op 21 en 22 Oktober om 18:00. Toegang is R50 per persoon.
Alle Inligting
Ons Nuwe Toelatingsbeleid Is Nou Beskikbaar
Vrydag, 25 September 2026
Die skool se gewysigde toelatingsbeleid is nou beskikbaar. Ouers en voogde wat beoog om hul kinders by Hoërskool John Vorster in te skryf, word versoek om die beleid deeglik te bestudeer voordat hulle aansoek doen.
Lees die Toelatingsbeleid
Matriek-Eindeksamen 2026 — Die Rooster Is Hier
Dinsdag, 22 September 2026
Die amptelike NSS-eksamenrooster vir 2026 is bekend gemaak. Die eerste vraestelle word op Dinsdag, 13 Oktober geskryf en die laaste op 25 November. Sien al die datums en sessies vir elke vak.
Sien die Volledige Rooster
Matrieks
Matriekafskeid-aankoms — Vrydag, 9 Oktober
Dinsdag, 22 September 2026
Kom vier saam met ons ons legendes en sien hoe hulle met styl arriveer! Die hek open om 14:30 en die matrikulante arriveer vanaf 15:00 tot 17:45. Toegang is R10 per volwassene en R5 per kind (slegs kontant).
Alle Inligting
Ons Pom Poms Behaal 100% — A+++ by Talento Kunskompetisie
Donderdag, 17 September 2026
Ons Vossie Pom Poms het die afgelope naweek aan die Talento Kunskompetisie deelgeneem — en wat 'n ongelooflike prestasie was dit nie! Die beoordelaars was vol lof, en die span het 100% — A+++ behaal.
Sien die Pompom-span
Ons 1ste-Meisies Krieketspan Wen teen Curro Serengeti
Donderdag, 17 September 2026
Baie geluk aan ons 1ste-Meisies Krieketspan wat vandag teen Curro Serengeti gespeel het en met 91 lopies gewen het. Hierdie meisies is sover in die liga nog onoorwonne. Baie geluk meisies, julle is puik!
Sien Ons Krieketspan
Katlego Mlangeni Wen Sosiale Wetenskappe-Distriksolimpiade
Donderdag, 17 September 2026
Baie geluk aan Katlego Mlangeni wat as wenner uit die distriksvlak van die Sosiale Wetenskappe-olimpiade gekom het — 'n puik prestasie waarop die hele John Vorster-gemeenskap trots is.
Lees Meer
Vossies het Nou 'n CIA Departement — Christene in Aksie
Woensdag, 16 September 2026
Vossies het nou 'n CIA departement — Christene in Aksie. Kom word deel van hierdie groepie en groei in jou geestelike lewe.
Ontdek Christene in Aksie
Vossie Personeel Stap vir Bybels
Woensdag, 9 September 2026
Laerskool Tienie Vorster het ons uitgedaag om te "stap vir Bybels" — en ons personeel het gewys Vossies stáp nie net vir Bybels nie, hulle dráf ook. Kyk die video's van die dag.
Kyk die Video's
Ons Jukskeispan Ding Mee in die Skole Liga by Boksburg
Woensdag, 19 Augustus 2026
Ons jukskeispan verteenwoordig John Vorster in die Skole Liga wat op 22 en 29 Augustus by die Boksburg-bane afspeel. Kom ondersteun ons Vossies — Vossies voor!
Sien die Aankondiging
Eksamens Begin
Maandag, 17 Augustus 2026
Ons eksamens vir hierdie kwartaal begin vandag. Ons wens al ons leerders alle sterkte toe.
Sien Aankondiging
O/15-Meisies Neem Deel aan Gauteng Skaakkampioenskappe
Maandag, 17 Augustus 2026
Ons O/15-skaakmeisies gaan John Vorster verteenwoordig by die Gauteng Skaakkampioenskappe op 29 Augustus. Baie sterkte aan die span!
Sien Ons Skaakspan
Tennis
Ons Tennis A-span Naaswenners in die GETA C-Liga
Dinsdag, 4 Augustus 2026
Ons tennis A-span het as naaswenners geëindig in die C-liga van die GETA (Gauteng Ekurhuleni Tennis Association) se Hoërskool Tennisliga — 'n puik prestasie vir ons spelers!
Sien Ons Tennisspan
Mnr Jaap de Beer Aangestel as Waarnemende Skoolhoof
Maandag, 3 Augustus 2026
Vandag word mnr Jaap de Beer, voormalige adjunkhoof, amptelik aangestel as waarnemende skoolhoof van Hoërskool John Vorster, na mnr Jan Nienaber se aftrede. Ons wens hom alle sterkte toe terwyl hy hierdie belangrike rol vervul.
Lees die Volledige Aankondiging
Toneelgroep Skitter met Verbode Sirkus by Allegretto Toneelfees
Maandag, 3 Augustus 2026
Ons toneelgroep het met Verbode Sirkus opgetree by die Allegretto Toneelfees en met verskeie toekennings weggestap, insluitend 'n Brons-sertifikaat vir die toneelstuk en 'n Silwer-sertifikaat vir tegniese aspekte.
Sien die Toekennings
Mnr Jan Nienaber Tree Af as Skoolhoof
Vrydag, 31 Julie 2026
Vandag kondig ons aan dat mnr Jan Nienaber, ons skoolhoof vir baie jare, aftree. Ons bedank hom opreg vir sy jare van toegewyde diens aan Hoërskool John Vorster en wens hom alles van die beste toe vir 'n wonderlike toekoms.
Lees Mnr Nienaber se Storie
GDE se Aanlynaansoeke vir Graad 1 en Graad 8 Open Binnekort
Maandag, 27 Julie 2026
Die Gautengse Departement van Onderwys (GDE) se aanlynaansoeke vir Graad 1 en Graad 8 vir 2027 open Woensdag, 5 Augustus 2026 en sluit Vrydag, 4 September 2026. Doen aansoek by www.gdeadmissions.gov.za.
Kry al die Besonderhede
Ons Tennisspan in die Liga-Semifinaal
Vrydag, 24 Julie 2026
Ons tennisspan het die semifinaal van die liga bereik — 'n uitstekende prestasie vir ons spelers! Kom ondersteun hulle en moedig hulle aan na die finaal toe.
Sien Ons Tennisspan
Geluk aan Ons Skoolhoof, Mnr Nienaber!
Vrydag, 24 Julie 2026
Vandag vier ons skoolhoof, mnr Jan Nienaber, sy verjaardag! Die hele John Vorster-gemeenskap wens hom 'n wonderlike dag toe, gevul met vreugde en waardering vir sy toewyding aan ons skool.
Lees die Hoof se Boodskap
Ons Skaakspan Verteenwoordig John Vorster by ATTA-Toernooi
Vrydag, 24 Julie 2026
Ons skaakspan reis van 24 tot 26 Julie na die ATTA-toernooi by ATKV Buffelspoort. Baie sterkte aan ons spelers wat John Vorster met trots gaan verteenwoordig!
Sien Ons Skaakspan
Ons Speel in die O/14-finaal
Donderdag, 23 Julie 2026
Ons O/14-span speel hierdie naweek in die finaal — 'n groot dag vir ons rugbyprogram! Kom ondersteun die span en juig hulle na 'n oorwinning.
Ondersteun die Span
Hokkie-uitspele Vind Vrydag Plaas
Donderdag, 23 Julie 2026
Ons hokkiespanne speel Vrydag in die uitspele. Kom juig ons spelers by die veld toe!
Kom Juig Saam
Landloop-oefening Begin
Dinsdag, 21 Julie 2026
Landloop-oefening het begin — leerders is welkom om aan te sluit en die seisoen se roetes saam met die span aan te pak.
Kom Hardloop Saam
GDE-aansoeke: Graad 1 en Graad 8 (2027)
Dinsdag, 21 Julie 2026
Alles wat u moet weet oor die amptelike GDE-aanlynstelsel se aansoekproses, tydlyn, en vereiste dokumente vir 2027.
Kry al die Inligting
Aansoeke vir 2027
Dinsdag, 7 Julie 2026
Alles wat ouers en toekomstige leerders moet weet oor aansoeke, toelating, en skoolfooie.
Doen Vinnig Aansoek
Akademiese Uitnemendheid
Inligting oor vakke, prestasies, ondersteuning, en die ontwikkeling van elke leerder se volle potensiaal.
Verken Akademie
Wintersport
Wintersport
Ontdek ons wintersport spanne, van rugby en netbal tot hokkie en meer — trots op die veld.
Sien Sportspanne
Bly op Hoogte
Volg die nuutste nuus, gebeure, prestasies, en hoogtepunte uit die John Vorster gemeenskap.
Alle NuusHoërskool John Vorster is 'n trotse Afrikaans-Engelse hoërskool geleë in Nigel, aan die Oosrand van Gauteng. Ons skool staan bekend vir akademiese uitnemendheid, 'n sterk sportkultuur, en 'n ryk tradisie van leierskapsontwikkeling.
Met 'n toegewyde korps onderwysers en 'n lewendige skoolkultuur, bied ons elke leerder die geleentheid om hulle volle potensiaal te verwesenlik — in die klaskamer, op die sportveld, en in die sosiale omgewing.
Ontdek Ons Skool
Dit is vir my 'n besondere voorreg om as waarnemende skoolhoof van Hoërskool John Vorster deel te wees van 'n skoolgemeenskap met soveel trots, tradisie, en toewyding. Ons Vossies is meer as net 'n skool – ons is 'n familie wat saamstaan, saam groei, en saam streef na uitnemendheid.
Ek glo dat elke leerder die potensiaal het om sy of haar drome te verwesenlik. Met die ondersteuning van ons personeel, ouers, en die breër gemeenskap wil ons voortbou op die sterk fondasie wat reeds gelê is en elke leerder die geleentheid bied om sy of haar volle potensiaal te bereik.
Saam is ons Vossies. Saam bou ons aan 'n sterk toekoms.
Vossies vandag. Vossies môre. Vossies vir altyd!
Ons is dankbaar vir die onbaatsugtige ondersteuning van ons trotse borge — vennote wat in ons leerders, ons skool, en ons gemeenskap glo.
Deur jare van toewyding, harde werk, en 'n sterk skoolgemeenskap het Hoërskool John Vorster 'n reputasie van uitnemendheid opgebou — op die sportveld, in die klaskamer, en op die verhoog.
Leer Ons Beter KenHou hierdie datums dop om niks mis te loop nie.
Kwartaal 2 sluit
Laaste skooldag van die tweede kwartaal. Verslae word uitgestuur.
Skool heropen — Derde Kwartaal
Leerders keer terug na die skoolvakansie. Uniforms is verpligtend.
Ope Dag — Graad 8 Toelating 2027
Ouers en toekomstige Graad 8 leerders is welkom om die skool te besoek.
Oueraand — Alle Grade
Ontmoet u kind se onderwysers en bespreek vordering. 17:00 tot 19:00.
Rekord-eksamen Graad 12 begin
Matriekleerders begin hul geskrewe Rekord-eksame vir 2026.
Kwartaal 3 sluit
Laaste skooldag voor die vakansie.